Doornlaagte is naby Steenbokpan, 50km wes van Lephalale en die tuiste van HS BEEFMASTERS. Die beesboerdery was aanvanklik ‘n kommersiële kudde en is prestasietoetsing deur die LNR gedoen. HARDUS STEENKAMP BEEFMASTERS is geregistreer in 1990.
Ons het ons eerste bulle aangekoop by wyle oom Tony Brink. Die kudde is versterk deur teeldiere van WO Beefmasters, Oktavia-, Bos Blanco- Nooitgedaght- en later Rhenostervallei Beefmasters. Asook deur KI met semen uit Texas. Die plaas is deel van die soet Bosveldstreek met ‘n gemiddelde reënval van ongeveer 400ml/jaar. Die kudde word ekstensief bestuur met slegs ‘n proteinlek in die winter en fosfaatlek in die somer.
Die bestuursprogram wat ons volg is:
Twee dekseisoene: Somer 15 Desember – 15 Maart, Winter 15 Augustus – 30 September
Verse word op 14 maande by bul gesit.
Prestasietoetsing word streng toegepas.
Fase D word jaarliks op bulkalwers gedoen. (Vanjaar is dit 23e FASE D-toets)
Huidiglik is ons resultate:
Verse speen 46.3% van hulle ma se gewig.
Bulkalwers 48.5% van hulle ma se gewig.
Fase D bulkalwers 51.7% van ma se gewig.
OEK (ouderdom eerste kalwing) is 26 maande.
Ons is ernstig oor teelwaardes met ‘n duidelike doelwit, om die genetiese vordering in die kudde te monitor.
Beesboerdery is my passie en sal altyd ‘n belangrike deel wees van ons boerdery. Beeste is ‘n geskenk uit die Vader se hand in die droë bosveld om vir ons vreugde elke dag te gee. (en natuurlik lekker vleis in die borde van die vleiseters...)
Ons is baie opgewonde oor die kwaliteit diere wat weer vanjaar op LIMPOPO TELERSVEILING in November aangebied word. HS Beefmasters was van 2006 – 2011 ‘n kudde finalis in Limpopo Provinsie van die LNR. Die kudde is sedert 2014 - 2021 Elite Goud by Stamboek.
Enige navrae:
Hardus Steenkamp 0836535610
hardus@phumba.co.za