MEET THE
BREEDERS

see more

OUR BREEDERS

about us

Die jaar 2020/21 sal onthou word as’n jaar vol uitdagings veral ook ten opsigte van die toerisme in ons streek wat ‘n beduidende invloed op ons lede het. Ons sal nooit ophou om dankbaar te bly aan die Here, wat nooit ophou om ons te seën nie!

DIE BEEFMASTER STORIE 1954 – 2020
Tom Laster (VSA)  het in 1930 begin met ‘n kruistelingsprogram met verskillende rasse – teen 1948 het hy die beste kombinasies vasgestel met die beste resultate: 50% Brahman, 25% Hereford en 25% Korthoring. Hierdie kombinasie skep ‘n nuwe beesras die BEEFMASTER. Dis eers in 1954 dat hy erkenning vir sy navorsing kry en BEEFMASTER as amptelike beesras in die VSA erken word. In die laat 1970’s word die eerste Beefmaster genetika na Suid Afrika gebring.
Die Beefmastergenootskap van Suid Afrika kom tot stand en verkry volwaardige erkenning van SA Stamboek op 8 Oktober 1987.

Die Lasater-filosofie (ook bekend as die ses-punt plan) wat vandag nog gebruik word, fokus op ses eienskappe vir die beste re-produksie en word diere geselekteer volgens:

SA Stamboek gee erkenning van die Beefmasterras volgens data as:

Vereistes en hoë standaarde vir diere word vasgestel en word streng toegepas. Alle diere word gekeur alvorens hulle as stoetdiere in die stelsel van SA Stamboek opgeneem mag word. Geregistreerde diere word op veilings onder die beskerming van die Genootskap aangebied: hoë standaarde word toegepas. Alle manlike diere wat geregistreer en gekeur is, word met ‘n B op die regterlende gebrand. Dit is die waarborg wat die Beefmaster Genootskap gee dat die betrokke dier aan al die vereistes voldoen soos voorgeskryf.

news

Get the latest news on Limpopo Beefmasters and our breeders

see more

AUCTIONS

View the dates and information on upcoming auctions in on Limpopo.

see more

OUR PASSION & PRIDE

view our gallery
© Copyright 2021 Limpopo Beefmasters Club | All Rights Reserved
Website Designed by | Webbado